LAERSKOOL DR.
HAVINGA
Meer Inligting
Ons Waardes
Integriteit, Respek, en Uitnemendheid vorm die fondasie van alles wat ons doen by Dr. Havinga.
Bou aan 'n
Beter Môre.
Ons Visie
Om 'n dinamiese leeromgewing te skep waar waardes en innovasie mekaar ontmoet om toekomsgerigte leiers te kweek.
Ons Missie
Geloof & Waardes
Godsdienstige en morele waardes as ons anker.
Progressiewe Onderwys
Innoverende en wêreldklas onderrigprogramme.
Toegewyde Personeel
Bekwame opvoeders met 'n passie vir kinders.
Ondersteuning van Ouers
Vennootskappe wat 'n verskil maak in opvoeding.
Akademie
Ons streef daarna om elke leerder se potensiaal ten volle te ontwikkel om hul plek in die samelewing te kan volstaan.
Lees meer
Kultuur
Ons skool het verskeie kultuuraktiwiteite soos koor, redenaars en revue waar leerders hul talente ontwikkel.
Lees meer
Sport
“ń Gesonde liggaam huisves ń gesonde gees”. Havies moedig massasdeelname aan met trots.
Lees meerHavie Nuusflitse.
Havies Interhuis Atletiek 2026
Sport
20.01.2026
Havies Interhuis Atletiek 2026
"Ons Havies het op 20 Januarie ons jaarlikse Interhuis Atletiek aangebied. Dit was ’n dag vol pret, gees en uitstekende deelname. Baie dankie aan elke kind wat deelgeneem het en bygedra het tot ’n onvergeetlike dag!"
Sport Aktiwiteite
07.02.2026
👣👣Atletiek👣👣
" #onsskool het Dinsdag 'n vriendskaplike byeenkoms teen Laerskool Florida Amptelik gehad. Wat ń lekker middag vol mooi items! Dankie aan Laerskool Florida wat by ons kom kuier het. Dit is altyd lekker om julle by ons te hê. Ons is trots op al ons atlete!! 🤗"
Kultuur Aktiwiteite
07.02.2026
VELDVRIENDE
" Gister het ons Veldvriende 2026 op 'n hoë noot afgeskop met amper 200 leerders...hoe lekker!!! 🤗 'The world is filled with adventure - All you have to do is find it! Mag elke Veldvriend van #onsskool sommer baie nuwe en wonderlike avonture hierdie jaar hê! 🤗💚🐾"
Sport
23.01.2026
Atletiek – L/S Horison
"Atletiek - L/S Horison Ons Havie-atlete was kookwater vanmiddag tydens die vriendskaplike byeenkoms wat deur L/S Horison gehou is. Ons is trots op elke atleet wat #onsskool se naam so hoog hou! Mag dit ’n wonderlike atletiekseisoen vir elkeen wees!💥 Baie dankie aan Laerskool Horison vir ’n ongelooflike middag.🙏🏻 #opjulmerke #gereed #gaan"